Maroela-onderhoude

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 36:34:32
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodios

  • Uitdagende Vryfees-toneelstuk werp lig op mensehandel

    03/07/2025 Duración: 14min

    “Met goed soos Joshlin Smith se saak het die kwessie rondom mensehandel vir baie mense ʼn realiteit begin word, en ons het besluit ons gaan in die diep kant induik en die tema uiteindelik takel.” Maroela Media

  • Snit kry ‘nuwe wiele’ vir Afrikaans 100

    03/07/2025 Duración: 08min

    “Ek wou nooit in Afrikaans skryf nie, want ek was bang om die taal aan te vat. Al is dit my moedertaal, moes ek leer hoe om daarin te skryf en ek moes oefen, want om te kan sing en skryf is vaardighede wat jy kan verbeter.” Maroela Media

  • Vry om ander te bevry: Verslawingsberader ken pad van pyn

    27/06/2025 Duración: 08min

    “Jou getuienis bewys aan ander dat jy dieselfde dinge oorkom het wat hulle gevange hou, en juis dít maak dit vir hulle makliker om dit ook te oorkom.” Maroela Media

  • ‘Tyd vir dieper dinge,’ sê gewilde kletsrymer oor musiek

    26/06/2025 Duración: 11min

    “Ek wil musiek maak wat mense veilig genoeg laat voel om ná ʼn optrede na my toe te kom en te sê dat hulle deur iets gaan. Dan sal ek sê: ‘Oukei, kom ons chat’.” Maroela Media

  • Vaderskap breek nuwe wêreld vir Refentse oop

    20/06/2025 Duración: 09min

    Die dag wat Refentse pa geword het, het sy hele lewe verander. Maroela Media

  • Gesinne van verslaafdes verdien ook berading

    20/06/2025 Duración: 10min

    “Navorsing toon dat verslawing van generasie tot generasie oorgedra word en dat dit aangeleerde gedrag is. Dis nie net die verslaafde wat in so ʼn siklus vasgevang is wat swaarkry nie, maar ook dié se geliefdes.” Maroela Media

  • Luister | Kabouterbos Kleuterskool is die plek waar kleintjies in Afrikaans kan gedy

    18/06/2025 Duración: 03min

    Op 1 Julie open ʼn unieke Afrikaanse kleuterskool sy deure in Pretoria. Hier lê visie, waardes en hoop agter ʼn ruimte wat kinders se groei wil bevorder. Kom hoor hoekom die span van Die MOS Inisiatief dié droomprojek begin het – en hoe dit Afrikaans vier. Maroela Media

  • Stoepstories | Geloofsprong lei SA gesin na ‘idilliese eilandlewe’ in Mosambiek

    17/06/2025 Duración: 17min

    “Ek dink hulle is stomgeslaan en kan nie glo hoe ons leef nie, maar hulle is ook mal daaroor. Dit is pragtig, dis teen die see met palmbome oral. Ek dink hulle is bly dat ons die kans gevat het.” Maroela Media

  • Is dit tyd vir ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie?

    09/06/2025 Duración: 08min

    Kom luister ook na die onderhoud met Morné van Emmenes, bemarkingshoof by Virseker. Hy het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Mizanne van Wyk gesels oor Virseker se soektog na ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie. Maroela Media

  • Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika

    03/06/2025 Duración: 10min

    Die kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Maroela Media

  • Franja wys haar ander, dieper kant

    03/06/2025 Duración: 08min

    “Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.” Maroela Media

  • Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet

    23/05/2025 Duración: 20min

    “Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval, debuut – enkelsnit. Maroela Media

  • Leah spog met lied uit haar eie pen

    19/05/2025 Duración: 10min

    Met lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers. Maroela Media

  • Kitaarspeler betree kollig ná dekade agter skerms

    18/05/2025 Duración: 17min

    “Ek dink Theuns het dalk destyds iets in my raakgesien wat ek nog nie in myself kon sien nie.” Maroela Media

  • Jong musiekduo woeker met Afrikaanse musiek

    14/05/2025 Duración: 11min

    Kosie het reeds as jong seun begin naam maak in die musiekbedryf met sy musikale vernuf en kan 14 instrumente bespeel, insluitend die konsertina en trekklavier. Maroela Media

  • Kom ervaar spesiale Hemelvaart met ‘Kroon van wonders’

    14/05/2025 Duración: 16min

    Franco Prinsloo, bekroonde komponis en dirigent van die Vox Chamber Choir, het saam met Lynni du Toit en Soané Ackerman, twee lede van die koor, in Maroela Media se ateljee oor "Kroon van wonders" gesels. Maroela Media

  • Heimwee oor jongmensjare kry gestalte in Ruan Josh-snit

    29/04/2025 Duración: 15min

    “Met dit waardeur ek nou is, raak mens ook bewus van die lewe en die beperkte tyd wat jy saam met jou geliefdes het. In die uitdagings wat die lewe gooi, moet jy die mooi en die seëninge raaksien.” Maroela Media

  • Kuier, koop en ondersteun plaaslik by die Maroela-mark

    28/04/2025 Duración: 07min

    Soek jy ʼn T-hemp met Afrikaanse humor, essensiële olies of iets spesiaals vir jou vriendin? Jy sal dit by die Maroela-mark kry – dalk sommer alles op een slag. Maroela Media

  • Hondepark bring groot pootpret na jou voorstoep

    26/04/2025 Duración: 17min

    ʼn Unieke hondepark open binnekort sy hekke wat beloof om jou hond se stert behoorlik te laat swaai van opgewondenheid en jou eie hart te laat warm klop. Paws & Boots-hondepark se amptelike bekendstelling vind in Mei in Clubview, Centurion, plaas, en jy en jou viervoetige vriende is welkom om hier na hartelus te kom speel en uit te span. Maroela Media

  • Dinamiese Karla Bosch vir eers terug agter mikrofoon

    25/04/2025 Duración: 16min

    “Almal het al gevoel dat iemand hulle wêreld is. Of dit ʼn ouer is wat jy verloor het, of jou lewensmaat vir wie jy baie lief is, almal het dit al ervaar.” Maroela Media

página 1 de 8