Radio Scriptura
Perspektief: September 2025
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 0:54:16
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
In 2 Johannes 1:9-10 lees ons: "Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun." Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en hopeloosheid waarin mense hulself vandag bevind. Hy in teen deel, was iemand wat in die publieke domein die evangelie en die waarheid van God verkondig het, terwyl sy geloof ook sy politieke standpunte onderskraag het. Maar in teenstelling met die nederige getuienis van 'n getroue volger van Christus, waag verdwaalde en misleide christene dit om as selfaangestelde profete op te tree, en onbybelse uitsprake te maak in die naam van Jesus Christus. Danie Botha, eertydse Afrikaanse sanger, het die fout begaan om mense gruwelik te mislei met 'n profesie van die wegraping, te laster teen God, en 'n spektakel van die wederkoms van Christus te maak. Hy het iets wat wonderlik is, as vreesaanjaend en buite bereik van die ne