Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 205:41:28
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Luisteraarsvraag: Waar is God as die boosheid skynbaar seëvier?

    22/09/2020 Duración: 47min

    Waar is God wanneer daar soveel boosheid in die wêreld is? Is dit buite sy beheer? 

  • Perspektief: Augustus 2020

    24/08/2020 Duración: 39min

    Watter Bybelse riglyne bestaan daar omtrent vuurwapenbesit onder Christene ter wille van selfverdediging?

  • Verlossing deur genade alleen: Volharding van die Heliges

    18/08/2020 Duración: 47min

    "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie."

  • Verlossing deur genade alleen: Onweerstaanbare genade

    11/08/2020 Duración: 59min

    Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:44  

  • Verlossing deur genade alleen: Beperkte versoening

    04/08/2020 Duración: 44min

    Die versoening wat Christus bewerk het is slegs bestem vir die uitverkorenes.

  • Perspektief: Julie 2020

    28/07/2020 Duración: 51min

    Meningstuk in die Beeld: 'n Dopper kan ook gay wees Christene in Sjina wat hul geloof moet opsê BLM-Beweging in Suid Afrika

  • Verlossing deur genade alleen: Onvoorwaardelike verkiesing

    21/07/2020 Duración: 53min

    In die episode behandel ons die tweede aspek van die TULIP-akroniem. U  - Unconditional election of Onvoorwaardelike verkiesing.

  • Verlossing deur genade alleen: Algehele verdorwenheid

    14/07/2020 Duración: 35min

    Hierdie is die eerste episode in ons reeks oor God se genade en ons redding aan die hand van die "TULIP-akroniem". In die episode bespreek ons die eerste beginsel T: "Total depravity" of "Algehele verdorwenheid"

  • Kerkmusiek en Himnologie

    07/07/2020 Duración: 01h15min

    Ons gesels in die episode met Braam van Tonder oor die belangrikheid van himnologie en die ontwikkeling van kerkmusiek.

  • Perspektief: Junie 2020

    30/06/2020 Duración: 40min

    Ons fokus in hierdie episode op die "Black Lives Matter" beweging en die gedagte van "wokeness"

  • Luisteraarsvraag: NASA en Lewe op Mars

    23/06/2020 Duración: 43min

    Wat is die vernaamste rede waarom NASA mense na Mars wil stuur? (05:45) Is hulle motief dalk om te bewys dat die Evolusie-leer waar is? (31:33) Stel mense wat aansoek doen om deel te neem hieraan hulle lewens in gevaar? Moet Mars "bewoon en bewerk" word? (14:00) Is die geskiedenis van die mense se onkunde en eie idees nie besig om homself te herhaal nie (Soos met die toring van Babel)? (25:10)

  • Eskatologie: Merk van die dier

    16/06/2020 Duración: 49min

    "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het." Openbaring 13:16-17

  • Perspektief: Mei 2020

    09/06/2020 Duración: 57min

    Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief

  • Eskatologie: Wegraping

    02/06/2020 Duración: 37min

    In hierdie episode in ons Eskatologie reeks praat ons oor die "Wegraping".    

  • Eskatologie: Duisendjarige Vrederyk

    26/05/2020 Duración: 33min

    Die "Duisendjarige Vrederyk" is 'n konsep waaroor daar al baie gedebatteer is. Daar is ook klomp verskillende sieninge oor wat dit beteken. Is dit 'n "letterlike" duisend jaar waarna hier verwys word? Hoe moet ons hierdie gedeelte in Openbaring verstaan?

  • Eskatologie: Oorsig

    19/05/2020 Duración: 55min

    Hierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks wat handel oor Eskatologie. Eskatologie is die Bybelse leer oor die laaste dinge, die wederkoms van ons Here en die dinge rondom die eindtye, soos dit o.a. in die boek Openbaring geopenbaar word. In hierdie episode kyk ons eers oorsigtelik na die vier groot sieninge wat daar oor die eindtyd bestaan. Ons gesels ook oor waarom dit vir ons belangrik is om oor die eindtyd te praat en te dink.

  • Perspektief: April 2020

    12/05/2020 Duración: 55min

    Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Doelbewuste kinderloosheid 2. Gesinsgeweld wat toeneem in die grendeltyd

  • Luisteraarsvraag: Het die mens 'n vrye wil?

    29/04/2020 Duración: 52min

    As ons glo dat God ons uitverkies het en 'n alles vooraf bepaal het - is ek nog steeds vry om my eie keuses te maak? Of forseer God ons om die keuses te maak soos wat ons doen?

  • Luisteraarsvraag: Hoekom dien ons die Here / Voorspoedsteologie

    21/04/2020 Duración: 40min

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die voorspoedsteologie. Wat is ons motiewe om die Here te dien - is dit vir persoonlike gewin? Hoekom gebeur dit dikwels so dat die kerke leeg is wanneer dit goed gaan met ons, maar wanneer die swaar tye kom soek almal weer die kerk op? Ons gesels oor bekende voorspoeds-teoloë soos Kenneth Copeland. En kyk ook die idees van voorspoedsteologie dalk onwillekeurig in ons gedagtes ook begin posvat.

  • Luisteraarsvrae: Die werking van die Heilige Gees

    14/04/2020 Duración: 52min

    In hierdie Facebook-uitsending het ons spesifiek gesels oor die werking van die Gees in gelowiges. "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees." Joh 14:16-17

página 11 de 18