Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 205:09:38
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Wie is God: God is liefde

    07/04/2020 Duración: 36min

    Hierdie is die laaste episode in ons reeks oor die deugde van God. Ons gesels oor God wat liefde is. Die ewigheid van God se liefde (4:49) Die bewys van God se liefde (12:45) Die oproep van God se liefde (18:45)

  • Uitverkiesing, Doop en Verbond

    03/04/2020 Duración: 01h01min

    Hierdie was 'n direkte uitsending op Facebook oor luisteraarsvrae wat ons ontvang het oor die uitverkiesing, die verbond en die doop. Daar is heelwat aspekte waaroor ons nie gesels het nie (baie moet nog gesê word!), maar ons het probeer om 'n paar sake vanuit die Skrif oor díé onderwerpe te belig.

  • Luisteraarsvrae: "Virtuele Nagmaal" en Tale spreek

    31/03/2020 Duración: 59min

    Hierdie is ons eerste direkte uitsending waartydens ons gesels oor Nagmaal wat oor die internet gevier word. Ons gesels ook oor 'n luisteraarsvraag wat ons baie kry, nml.: "is spreek in tale (onverstaanbare tale) Bybels?"

  • Perspektief: Maart 2020

    28/03/2020 Duración: 39min

    Ons gesels in hierdie episode slegs oor die COVID-19 Pandemie - juis omdat daar soveel vrae en onsekerheid onder mense en selfs Christene heers.

  • Wie is God: God is Jaloers

    24/03/2020 Duración: 34min

    In hierdie episode gaan dit daaroor dat God in die Bybel beskryf word as 'n jaloerse God. Wat beteken dit dat God jaloers is? Is dit dieselfde as ons algemene menslike siening van jaloesie?

  • Wie is God: God is Regverdig en Barmhartig

    17/03/2020 Duración: 33min

    'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie. In hierdie episode werp ons die lig spesifiek op twee besondere deugde van God: Sy regverdigheid, maar ook sy barmhartigheid. Wat bedoel ons met God se regverdigheid en sy barmhartigheid? Staan hierdie twee eienskappe teenoor mekaar?

  • Perspektief: Februarie 2020

    10/03/2020 Duración: 40min

    Ons kyk na onlangse nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: 1. Steven Spielberg se dogter, Mikaela, wat haar bekwaam as 'n Pornografiese Aktrise (01:39) 2. Beloftebos: Weier dat 'n selfdegeslag paartjie by hulle trou (11:21) 3. Bouwer Bosch se meningstuk op Netwerk24 oor "Jesus en sy donkie wat Sparkling water drink". (21:19)

  • Lent in die lig van die Skrif

    03/03/2020 Duración: 39min

    Oral oor sien ons die verskynsel dat mense "Lent" vier. Selfs al hoe meer kerke in Protestantse kringe val nou ook by hierdie gebruik in. Wat is Lent en hoe moet ons daarna kyk in die lig van die Skrif?

  • Wie is God: God het 'n Raadsplan

    25/02/2020 Duración: 31min

    In hierdie episode werp ons die lig daarop dat God 'n raadsplan het. Ons wil in die episode nie net kyk na feite rondom God se raadsplan nie, maar ook wat die implikasie daarvan vir ons as gelowige kinders van God is.

  • Wie is God: God is Alomteenwoordig

    18/02/2020 Duración: 30min

    Hierdie is die vierde episode in die reeks oor God se deugde en handel oor God se Alomteenwoordigheid.

  • Wie is God: God is Heilig

    11/02/2020 Duración: 29min

    Hierdie is die derde episode in ons reeks oor God se deugde. In die episode handel dit spesifiek oor sy Heiligheid.

  • Perspektief: Januarie 2020

    04/02/2020 Duración: 34min

    Onlangse nuusgebeure in Perspektief: 1. Pres. Ramaphosa se toespraak op 16 Desember 2019 2. Sosiale Media en PTSD ("Post Traumatic Stress Disorder") 3. Australië veldbrande en Coronavirus

  • Wie is God: God is soewerein

    28/01/2020 Duración: 37min

    In die episode kyk ons wat dit beteken dat God "soewerein" en "alwys" is. Ons het 'n groot troos dat ons behoort aan 'n God wat in beheer is.

  • Wie is God: God is Drie-Enig

    21/01/2020 Duración: 33min

    'n Vraag waaroor elke mens behoort te dink en te kan antwoord is: Wie is God? Tog is die vraag vir sommige Christene moeilik om te antwoord, of hulle is nie seker of hulle antwoord reg is nie. Ken jy die Here? In hierdie reeks kyk ons hoe God Homself aan ons in die Skrif openbaar. Hierdie eerste episode handel oor die Drie-Eenheid van God.

  • Immanuel - God met ons: Jesus ons Advokaat

    31/12/2019 Duración: 37min

    Hierdie is die laaste episode in ons "Immanuel - God met ons!"- reeks. Ons kyk spesifiek na wat dit beteken as ons sê dat Jesus ons Advokaat is. MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. (1 Johannes 2:1)

  • Immanuel - God met ons! Jesus ons Hoëpriester

    24/12/2019 Duración: 36min

    Ons kyk in hierdie derde episode in die "Immanuel - God met ons"- reeks na Jesus as ons Hoëpriester.

  • Immanuel: God met ons! Jesus ons Verlosser

    17/12/2019 Duración: 31min

    Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte:Ons gesels in die episode spesifiek oor Christus as ons Verlosser onder die volgende hoofpunte: Tipes van Christus in die Ou Testament (3:00) Jesus ons Volkome Verlosser (12:10) Jesus ons Enigste Verlosser (20:06)

  • Immanuel: God met ons! Jesus se vleeswording

    10/12/2019 Duración: 41min

    Hierdie is ons laaste reeks vir 2019 en die tema daarvan is: Immanuel: God met ons. In hierdie episode fokus ons spesifiek op Christus se vleeswording.

  • Perspektief: November 2019

    03/12/2019 Duración: 48min

    November in Perspektief: 1. Springbokke wen die wêreldbeker 2. #ImStaying 3. Genadedood

  • Luisteraarsvrae: Fisiese Oefening / Voorspoedsteologie

    27/11/2019 Duración: 28min

    In hierdie episode gesels ons met Prof Albert Coetsee en beantwoord twee luisteraarsvrae. Die eerste een gaan oor fisiese oefening en die tweede oor die "Voorspoedsteologie".

página 12 de 18