Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Luisteraarsvraag: Die Heilige Gees en ons gewete
19/11/2019 Duración: 34minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die werk van die Heilige Gees en ons gewete. My gewete getuig saam met my in die Heilige Gees" Romeine 9:1. Die luisteraar wil weet hoe die Heilige Gees en ons gewete saam werk. Is dit die Gees of ons eie gewete wat ons weerhou daarvan om kwaad te doen? Of werk die Gees deur ons gewete?
-
Luisteraarsvraag: Vervang die kerk vir Israel?
12/11/2019 Duración: 38minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag oor die plek van Israel en die Kerk. Is Israel en die kerk dieselfde? Het die kerk vir Israel vervang? Deur wie voer God sy plan uit?
-
Perspektief: Oktober 2019
05/11/2019 Duración: 39minOns kyk na Oktober 2019 se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse Perspektief: Wiskunde is onderdrukkend vir die skole in Seattle (00:45) Grantleigh: Godslasterlik of net kuns? (13:08) CSE: Seksonderrig in skole (26:03)
-
Huisgodsdiens: Kinders, kerk en kategese
29/10/2019 Duración: 35minIn die episode gesels ons oor die kerk en katkisasie en hoe dit inpas in die gesin se aanbidding.
-
Huisgodsdiens: Hoe?
22/10/2019 Duración: 40minIn hierdie episode kyk ons na die praktiese sy van huisgodsdiens. Ons kyk na hoe ons, ons huisgodsdiens moet inrig en dan ook na hindernisse wat daar mag wees.
-
Huisgodsdiens: Hoekom?
15/10/2019 Duración: 32minHierdie is ons eerste episode in 'n reeks oor "Huisgodsdiens". Ons kyk na Skrifbeginsels as motivering vir huisgodsdiens, uitdagings en die noodsaaklikheid van huisgodsdiens.
-
Perspektief: September 2019
01/10/2019 Duración: 44minOns kyk na hierdie maand se nuusgebeure vanuit 'n Bybelse perspektief: Wetgewing aangaande lyfstraf in SA Die doodstraf Benny Hinn se bekering
-
Hoe word ek wat ek is?
24/09/2019 Duración: 42minHierdie is die laaste episode in ons reeks oor "Identiteit". Ons het eers die vrae gevra: "Wie is ek?" en toe "Wie sê die Here is ek?". In hierdie derde episode wil ons uitvind hoe ons nou kan word wat ons is. Ons kyk veral na praktiese riglyne vanuit die Skrif.
-
Wie sê die Here is ek?
17/09/2019 Duración: 31minHierdie is die tweede episode in die reeks oor "Identiteit". Ons vra die vraag: Wie sê die Here is ek?
-
Wie is ek?
10/09/2019 Duración: 28minHierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor "Identiteit". En in die episode vra ons die vraag: "Wie is ek?" Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “wie is ek?”
-
Perspektief: Augustus 2019
03/09/2019 Duración: 29minDit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme. Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem? Hoe sou ons deelname daaraan lyk? (03:20) Wat sê die Skrif oor opstand teen die regering, en hoe behoort gelowiges op te tree teenoor 'n goddelose regering? (17:38) "Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel" Rom 13:1
-
Fees-episode: Sola Scriptura
27/08/2019 Duración: 35minRadio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik. Vandag wil ons as’t ware terugkeer na die bron. Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: "Sola Scriptura". Alleen die Heilige Skrif. Waar kom die naam "Scriptura" vandaan, hoe het dit ontstaan? 07''30 "Sola Scriptura" in die Reformasie. 08''54 Kan ons die Here se stem op 'n ander manier hoor as in die Woord? 17''40 Die onfeilbaarheid van die Skrif. 23''35 Die Here bewaar self sy Woord. 32''00 Hoe verklaar ons moeiliker gedeeltes in die Skrif? 33''45
-
Bybelse Christenskap: As wêreldbeskouing
20/08/2019 Duración: 39minIn hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as 'n wêreldbeskouing. Wat is 'n wêreldbeskouing en hoe lyk 'n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om 'n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.
-
Bybelse Christenskap
13/08/2019 Duración: 30minOns leef in 'n wêreld waarin daar soveel verskillende stemme opgaan oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Bv. 72% Persent van Suid Afrika se inwoners noem hulself "Christene" Daarom kyk ons in hierdie episode na wat dit beteken om 'n ware Bybelse Christen te wees - en hoe die lewe van so 'n persoon lyk.
-
Luisteraarsvrae: Tatoeëring en Orgaanskenking
06/08/2019 Duración: 34minIn hierdie episode beantwoord ons twee luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Die eerste vraag het te make met tatoes/ "piercings", terwyl die tweede een oor orgaanskenking gaan. Tatoes en "Piercings" (2''38) Orgaanskenking (19''32)
-
Perspektief: Julie 2019
02/08/2019 Duración: 39minIn hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit 'n Bybelse perspektief. Die fokus van hierdie maand se episode is: 01:24 Afvalligheid van die Gereformeerde geloof: Joshua Harris, Mark Driscoll en Francis Chan 29:11 'n Nuwe huwelikswet vir Suid Afrika
-
Luisteraarsvrae: Valse Profete en Game of Thrones
23/07/2019 Duración: 36minIn hierdie episode beantwoord ons twee luisteraars se vrae: Mag 'n mens na goeie goed van valse leeraars luister? Game of Thrones - behoort Christene na hierdie soort stories te kyk?
-
Uitbranding
16/07/2019 Duración: 30minOns gesels in hierdie episode oor uitbranding. Uitbranding is 'n Chroniese- en werkverwante stres. Dit lei dan dikwels tot 'n gevoel van doelloosheid. Uitbranding kom vandag al hoe meer voor weens die hoë druk waaronder ons verkeer.
-
Luisteraarsvraag: Israelvisie
09/07/2019 Duración: 29minIn hierdie episode gesels ons oor die gevaarlike dwaalleer van die Israelvisie. Hierdie beweging beklemtoon veral die verlossing van sekere rasse. Dit is daarom baie aanloklik vir mense wat lief is vir hulle eie volk en taal.
-
Perspektief: Junie 2019
03/07/2019 Duración: 48minIn hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Junie-maand vanuit 'n Christelike perspektief. Die fokus gebeure van hierdie maand se episode is: -Junie maand: Gay maand (Pride month). Die sistematiese manier waarop ons beinvloed word deur die media. -Die staatsrede / Munisipaliteite wat onderpresteer. Is daar nog hoop vir ons in so 'n land? -Christina Landman se uitlating oor "Fresh Expression" kerke in Switzerland. Moet ons ook begin "koffie-kroeg"- en "rock en roll"- kerk hou?