Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 205:09:38
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Gejaagdheid

    25/06/2019 Duración: 34min

    Ons leef in 'n tyd waarvan dit bekend is dat ons lewens meer gejaagd is as bv. die van die generasie voor ons. Dit word selfs in party opsigte 'n "status simbool" as 'n mens kan wys hoe besig jy is, en hoe baie goed jy doen. Die meeste van ons se "tydbegrotings" is dikwels in die rooi, en 24uur is net te min vir alles wat in ons dag moet gebeur. In hierdie episode fokus ons op die konsep van "gejaagdheid".

  • Luisteraarsvraag: Lectio Divina

    18/06/2019 Duración: 33min

    In hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag rondom Lectio Divina. Wat is Lectio Divina? Is dit Bybels? En is dit iets wat ons as Christene moet praktiseer? Ons kyk na hoe ons as Christene God se woord behoort te gebruik. Minuutmerkers: 4: 08   - Wat is Lectio Divina? 12: 27 - OnBybelse beginsels van Lectio Divina 18:15  - Hoe moet ons as Christene die Skif gebruik?

  • Finansies: Finansiële stres

    11/06/2019 Duración: 31min

    Hierdie is die twee episode in ons reeks oor Finansies. In die eerste episode het ons gepraat oor "Rentmeesterskap". Kliek hier indien jy dit dalk gemis het. In hierdie episode gesels ons oor finansiële stres - wanneer dit dalk minder goed gaan met jou finansiële posisie. Hoe kry ons dit reg om in sulke omstandighede op die Here te vertrou, sonder om ons eie plig te versuim? Watter hoop en uitkoms is daar? Beteken dit dalk dat daar 'n sonde in my lewe is waarvan ek moet afsien - is dit 'n straf van die Here?  

  • Perspektief: Mei 2019

    04/06/2019 Duración: 47min

    Mei in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: -Star Wars Produksie-vervaardiger wat 'n donasie wil gee vir die pro-aborsie saak (2:40) -Disney se "gay parade" wat begin Junie afgespeel het (12:55) -Multichoice en die gebeure daaraan verbonde (22:22)

  • Finansies: Rentmeesterskap

    28/05/2019 Duración: 38min

    Ons gee in hierdie episode 'n "teologie van geld" - 'n paar Bybelse beginsels oor geld en hoe ons met ons geld moet omgaan.

  • Sabbatdag, Rusdag, Ewige Rus

    21/05/2019 Duración: 26min

    In hierdie episode bespreek ons die vierde gebod. Wat is die implikasie van hierdie gebod vir gelowiges vandag? Moet ons Sondae steeds as 'n sabbat hou? Ons kyk eerste na die betekenis en instelling van die Sabbat in die Ou Testament. Daarna bespreek ons die betekenis van die Rusdag vir gelowiges vandag. Laastens kyk ons na die dieper betekenis van die dag - die Ewige Rus wat daar vir die Here se kinders voorlê.

  • Luisteraarsvraag: Verstaan die Bybelse wette

    14/05/2019 Duración: 36min

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag rondom die klassifikasie van die Bybelse wette. Ons kyk watter wette nog bindend is vir gelowiges vandag, en ook hoe wetsonderhouding inpas by die Boodskap van die Evangelie.

  • Luisteraarsvraag: Lotery

    07/05/2019 Duración: 22min

    In hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraarsvraag: "Is lotjies trek ("raffles") sonde? Die Bybel sê nie direk iets hieroor nie? Wat van dobbel?" Ons kyk na die werping van die lot in die Bybel, dan gesels ons oor lotjie-verkope (bv. vir 'n kerk se fondsinsameling), en laastens gesels ons oor die Nasionale Lotery.

  • Perspektief: April 2019

    30/04/2019 Duración: 35min

    April in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: Paasfees-kruisigings in die Fillipyne (0.50'') Die Notre Dame wat afgebrand het (09:45'') Uitlatings van die rugbyspeler, Israel Folau (19:33'')

  • Depressie

    23/04/2019 Duración: 35min

    Wat is depressie? Is dit iets waaraan ek ly? In hierdie episode bou ons voort op die episode oor "Hopeloosheid" en gesels oor spesifiek oor "Depressie". Dit kan dalk gesien word as die oortreffende trap van hopeloosheid. Jy voel of jy in 'n diep donker gat is en weet nie of daar weer lig sal kom nie. Ons wil nie net gesels oor wat depressie is nie, maar ook kyk hoe die Bybel ons toerus om die stryd van depressie te stry. 

  • Hopeloosheid

    16/04/2019 Duración: 30min

    In hierdie episode grawe ons pastoraal in op die tema van "Hopeloosheid". Dit is iets wat almal een of ander tyd tref! Wat sê die Bybel oor hopeloosheid - Is dit sonde? Waar vind ons weer Hoop?

  • New Apostolic Reformation (2)

    09/04/2019 Duración: 53min

    Hierdie is die opvolg episode oor die New Apostolic Reformation (NAR). Ons fokus in besonder op die volgende vier hoofpunte: Die kenmerke daarvan. Hoekom dit verkeerd is. Hoe ons dit kan identifiseer. Hoe ons iemand kan help wat in die beweging vasgevang is.

  • Perspektief: Maart 2019

    02/04/2019 Duración: 27min

    Maart in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor die aanval op Moslems in Nieu-Zeeland. Daarna praat ons oor vervolging van Christene, spesifiek ook na aanleiding van Christene in Nigerië wat onlangs aangeval en doodgemaak is.

  • Luisteraarsvraag: Emigreer?

    26/03/2019 Duración: 26min

    In die episode antwoord ons 'n vraag waaroor die meeste van ons al gewonder het. Hoe hanteer ons die situasie in Suid-Afrika: Moet ons hier bly? Moet ons emigreer? Wat van burgerlike opstand? Ons kyk na verskillende motiverings vir emigrasie en beoordeel dit op grond van die Skrif. Wat vra die Here van ons in hierdie situasie? Hoe leef ons met 'n Koninkryks-perspektief?

  • Enkellopendheid

    20/03/2019 Duración: 29min

    Hierdie episode is vir alle enkellopendes. Dit kan wees dat jy dalk soek na 'n lewensmaat, of miskien is jy 'n weduwee/wewenaar. Enkellopendheid kan baie vrae en emosies by 'n mens laat onstaan. Jy dink dalk dat die Here van jou vergeet... Of jou in jou eensaamheid los...  In hierdie episode is ons doel om die Skrif se lig op hierdie saak te laat val. Wat sê die Bybel vir ons oor ons enkellopendheid?

  • Die Huwelik: Geslagskwessies

    12/03/2019 Duración: 34min

    Ons glo en bely dat God die huwelik alleen ingestel het tussen een man en een vrou.  Hierdie is die laaste episode in die reeks oor die huwelik. Die tema van die episode is "geslagskwessies", met 'n fokus op homoseksualiteit. 

  • Die Huwelik: Intimiteit

    05/03/2019 Duración: 31min

    "Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees" Gen 2:24. In hierdie vyfde episode in ons reeks oor die huwelik gesels ons oor intimiteit. Vir sommige is dit 'n taboe onderwerp; die meeste mense praat nie maklik daaroor nie. Veral in vandag se samelewing is dit nodig om uit te vind wat intimiteit is (soos God dit geskep het) en watter riglyne ons daaroor in die Woord vind. 

  • Perspektief: Februarie 2019

    26/02/2019 Duración: 38min

    Februarie in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons eerste oor "boelie" onder skoolkinders. Ons praat daarna ook saam oor 'n moontlike belasting opstand ("tax revolt") in Suid-Afrika. 

  • Die Huwelik: Huwelik in krisis

    19/02/2019 Duración: 25min

    Hierdie is die vierde episode in Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Baie keer fokus ons so op die troudag, dat ons vergeet om te dink oor wat daarna gebeur... Wat as daar konflik kom? Of ander uitdagings? Hoe hanteer ons dit as ons huwelik in krisis is? Is dit normaal? Is daar hoop? Wat as my huwelik reeds op egskeiding uitgeloop het?

  • Die Huwelik: Rol van die vrou

    12/02/2019 Duración: 26min

    In hierdie episode gesels ons oor die rol van die vrou. Ons sien hoe God die man en vrou gelykwaardig geskape het, maar met verskillende rolle. Die fokus van die episode is op twee teksgedeeltes wat verwys na die vrou se "onderdanigheid" en dat sy 'n "hulp" is. (Gen 2:18 en Efes 5:22-24).

página 14 de 18