Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Perspektief: Januarie 2019
05/02/2019 Duración: 28minHierdie is die eerste episode van die nuutste toevoeging tot Radio Scriptura: Perspektief. In hierdie eerste episode bespreek ons New York se aborsie-wetgewing, die Bosasa-skandaal en beantwoord ook 'n luisteraars-vraag: "Moet ek stem?".
-
Perspektief: Trailer
02/02/2019 Duración: 04min'n Bekendstelling van Radio Scriptura se nuwe program "Perspektief".
-
Die Huwelik: Rol van die man
29/01/2019 Duración: 28minHierdie is die tweede episode in ons reeks oor die huwelik en gaan oor die rol van die man. Wat is Bybelse hoofskap? Beteken dit die man is sy vrou se "baas"? In hierdie episode gesels die hele Scriptura span saam oor die Here se ontwerp van die huwelik - met 'n spesifieke fokus op die rol van die man.
-
Die Huwelik (1): Bybelse begronding
22/01/2019 Duración: 23minHierdie is die eerste episode van Radio Scriptura se reeks oor die huwelik. Jan Louis Lee (Gasheer) gesels met Marnix Boersema en Gerhard van Rhyn oor die basis van die Christelike huwelik. Daar word onder andere gekyk na die instelling van die huwelik deur God, sy doel daarmee, en Satan se aanslag daarop.
-
Episode 0
09/01/2019 Duración: 24minEpisode 0! Ons skop 2019 af deur te vertel wat die doel van Scriptura is en onsself aan die luisteraars voor te stel. In hierdie episode gesels ons ook oor wat DV vir Radio Scriptura voorlê hierdie jaar, o.a. 'n paar reekse, boekbesprekings en ook 'n nuwe program: Perspektief!
-
Verassing
23/11/2018 Duración: 29minDit wat met jou liggaam gebeur nadat jy gesterf het beteken NIE niks NIE. Inteendeel, dit dien as jou laaste belydenis! In hierdie episode gesels Marnix met Jan-Louis en Jonker oor die praktyk van verassing (lykverbranding) vanuit 'n Christelike perspektief.
-
New Apostolic Reformation
09/11/2018 Duración: 44minIn hierdie episode gesels ons oor die New Apostolic Reformation (NAR). Is hierdie beweging nuut? Is dit Apostolies? Is dit 'n Reformasie? Ons kyk ook in watter mate dit in Suid-Afrika voorkom en deel gedagtes oor die onlangse "It's Time" geleentheid van oom Angus.
-
Gawes van die Heilige Gees
26/10/2018 Duración: 39minDie gawes van die Heilige Gees is 'n direkte gevolg van Christus se oorwinning aan die kruis! In hierdie episode gesels Marnix, Gerhard en Jaco oor die Gawes van die Heilige Gees. Ons kyk onder andere na wat die gawes presies is, wat dit nie is nie, watter gawes wedergebore Christene ontvang, en laastens hoe ons, ons gawes kan aanwend tot eer van God en tot opbou van die gemeente.
-
New Age
12/10/2018 Duración: 38minDie New Age Beweging is nie 'n godsdiens of instansie nie, maar 'n "nuwe manier van dink". "New Agers" soek na spiritualiteit, maar wil hulself nie onder die gesag van die Woord onderwerp nie. Die beweging is nie beperk tot 'n spesifieke geloof of denominasie nie, maar infiltreer alles om ons: Gemeentes, boeke, media ens. In hierdie episode gesels ons oor die New Age beweging, wat eintlik al 'n ou dwaalleer is, hoe dit in Suid-Afrika voorkom en hoe ons as Christene daaroor dink en daarop moet reageer.
-
Riglyne vir gesprekke met Jehova Getuies
28/09/2018 Duración: 51minDalk het jy al 'n Jehova Getuie ontmoet, of hulle het by jou deur aangeklop. Dalk het jy gewonder hoe om die Evangelie aan hulle te bedien, maar hoe? Ons gesels in hierdie episode kortliks oor dit wat die sg. Jehova Getuies glo en hulle geskiedenis. Dan gee ons spesifiek riglyne oor gesprekke met hulle oor ons verlossing, die plek en doel van ons goeie werke, die wederkoms, die 144, 000 en die wêreld hierna. Ons het jou hulp nodig om die boodskap te versprei - gebruik asb. deel-knoppies op hierdie artikel, om die episode te versprei!
-
Romantiese verhoudings met ongelowiges
21/09/2018 Duración: 15minMarnix, Jan-Louis en Gerhard gesels oor hierdie moeilik onderwerp: is dit goed (is dit reg?) vir 'n gelowige om 'n romantiese verhouding met 'n ongelowige te begin? Hierdie is 'n baie moeilike onderwerp, juis omdat dit so emosioneel is. Daar is ook heelwat probleme hieraan verbonde en ons besef dit wanneer ons hieroor gesels. Hierdie episode vorm net eers 'n basis, 'n Bybelse grondslag vir verdere gesprek rondom romantiese verhoudings tussen gelowiges en ongelowiges.
-
3Minute1Woord | DISSIPEL
10/09/2018 Duración: 04minLuister hierdie 3 minute episode vir 'n verduideliking van die woord "dissipel", hoe dit verskil van "apostel" en wat dissipelskap beteken.
-
"Jy mag nie oordeel nie?!"
07/09/2018 Duración: 28minOns gesels saam oor die misverstand onder baie mense dat niemand hoegenaamd mag oordeel nie. Is dit so? Ons argument is juis dat die Skrif ons opdrag gee om wél te oordeel, maar nie te veroordeel nie. Ons moet juis oordeel, want ons moet onderskei en Christusgesentreerde besluite neem. Ons moet die waarheid bewaar en bevorder, maar die leuen beveg. As ons nie kan oordeel nie, is ons nie meer aanspreeklik vir mekaar nie. So val die hele fondasie vir broederlike liefde en tug ook inmekaar. Ons moet juis weer leer om reg en gelowig te oordeel!
-
3Minute1Woord | ONGEVEINSD
27/08/2018 Duración: 01minANYPOKRITOS| {afr} ongeveinsd/opreg {eng} unfeigned Soos in Romeine 12:9
-
Geestelike Oorlogvoering
24/08/2018 Duración: 33minMarnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer gesels saam oor geestelike oorlogvoering. Daar is gewoonlik twee oordrewe begrippe van hierdie tipe oorlogvoering. Mense maak of te min daarvan, of te veel. Die Bybel praat wel van iets soos geestelike oorlogvoering, maar deesdae hoor mens soms dat jy bv. 'n "generasie vloek" moet verbreek. Of, 'n mens dra vloeke en seën deur middel van voorwerpe oor. Luister hoe ons oor hierdie tipe vrae en meer gesels.
-
3Minute1Woord | SKYNHEILIG
13/08/2018 Duración: 03minHYPOKRITES| {afr} skynheilig/geveinsd {eng} hypocrite Soos in Mattheus 23 In kort, dui hypokrites vir ons op 'n persoon wat: agter 'n masker lewe dubbel-standaarde handhaaf en liefdeloos en onvolwasse in die geloof is
-
Moet ons vas?
10/08/2018 Duración: 21minJan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn gesels saam oor wat die Bybel sê oor vas. Moet ons dit vandag nog doen? Is daar 'n plek en 'n tyd vir gelowiges om steeds vandag te vas?
-
3Minute1Woord | HEERLIKHEID VAN GOD
31/07/2018 Duración: 03minKABHOD| {afr} heerlikheid {eng} glory Soos in o.a. Psalm 104
-
Luisteraarsvrae: rekenskap? letterlik of figuurlik? JHWH en Jehova?
27/07/2018 Duración: 25minDie vrae wat ons op hierdie episode antwoord gaan oor rekenskap en vergifnis, letterlike en figuurlike verklarings & die naam JHWH en Jehova. Stuur gerus jou vrae via ons webblad. Skryf asb. ook 'n resensie en evalueer die podsending op iTunes!
-
Demonologie (met prof. Flip Buys)
13/07/2018 Duración: 22minIn hierdie episode gesels ek met prof. Flip Buys oor Gereformeerde Demonologie. Vrae wat beantwoord word is onder andere: Is dit enigsins nodig om iets oor Satan te wil leer? Kan ‘n gelowige deur ‘n demoon “in besit geneem word”? Hoe hanteer 'n mens gelowig-Bybels 'n manifestasie? Moet ons demone bind en uitdryf? Kan die duiwel ons gedagtes lees?