Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 220:48:15
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof

    14/10/2025 Duración: 40min

    Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.

  • Skrywe aan lidmaat van GK Nelspruit op FB

    09/10/2025 Duración: 01h33s

    In die afgelope week het ’n amptelike brief van die Gereformeerde Kerk Nelspruit aan ’n lid van die gemeente opslae gemaak. Die brief handel oor kerklike betrokkenheid en die verantwoordelikheid wat belydende lidmate het teenoor die gemeenskap van gelowiges. In hierdie opname gesels die Scriptura-span oor die inhoud van die brief, die Bybelse beginsels agter kerklike tug en waarom ware gemeenskap in Christus nie bloot ’n formaliteit is nie, maar ’n lewende roeping.

  • Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel

    07/10/2025 Duración: 30min

    Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien?  Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien?  Hoe wen ons hulle vir Christus?   Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus?  Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid?  Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig 'n getuienis van verlossing wees?  Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen?   Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor lidmate en ons geliefdes lyk?  Leef ons self as verlostes en getuig ons lewens van verlossing?  Kategoriseer ons sondes vanweë 'n verlies aan konsekwentheid en huigelaary?  Deins ons terug  van die moeilike gesprekke en konfrontasies as gevolg van emosionele konnotasies of familiebande?  

  • Perspektief: September 2025

    30/09/2025 Duración: 54min

    In 2 Johannes 1:9-10 lees ons:  "Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie.  Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun."  Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en hopeloosheid waarin mense hulself vandag bevind.  Hy in teen deel, was iemand wat in die publieke domein die evangelie en die waarheid van God verkondig het, terwyl sy geloof ook sy politieke standpunte onderskraag het.  Maar in teenstelling met die nederige getuienis van 'n getroue volger van Christus, waag verdwaalde en misleide christene dit om as selfaangestelde profete op te tree, en onbybelse uitsprake te maak in die naam van Jesus Christus.  Danie Botha, eertydse Afrikaanse sanger, het die fout begaan om mense gruwelik te mislei met 'n profesie van die wegraping, te laster teen God, en 'n spektakel van die wederkoms van Christus te maak. Hy het iets wat wonderlik is, as vreesaanjaend en buite bereik van die ne

  • Menslike Seksualiteit - Herstel Deel 4 – Enkellopend, gesinslewe en seksuele opvoeding

    23/09/2025 Duración: 35min

    Vraag 37-40 hanteer die kwessies van seksualiteit van die enkellopende, seksualiteit in die gesinslewe, asook die seksuele opvoeding van ons kinders.  Hoe kan ons die gesinslewe so inrig dat dit tot eer van God voortbestaan?  Wat is God se wil vir hoe ons ons kinders in geskikte seksualiteit moet opvoed?  Hoe skilder ons 'n mooi beeld van seks binne die huwelik soos God dit geskape het vir ons kinders? Wat vat dit van ouers om hierdie verbondsbeloftes na te kom? Hou ons tred met die dwaling van die wêreld wat ons kinders negatief beinvloed? Hoe moet jong volwassenes hul ouers eer in hul seksuele gedrag binne verhoudings voor die huwelik?

  • Menslike Seksualiteit: Herstel (deel 3) - Bekering en huweliksrolle

    16/09/2025 Duración: 35min

    Wat is die verskil tussen iemand wat teen seksuele sonde stry en iemand wat volhard in hul sonde?  Kan mense wat in hul onheilige begeertes en seksuele sondes volhard, en hulle nie tot God bekeer nie, dan nie salig word nie?  Wat is in ware bekering van alle seksuele sonde betrokke?  Hoe moet mans daarna streef om hul vroue lief te hê en hul te eer?  Hoe moet vrouens daarna streef om hul mans lief te hê en te eer?  Hoe moet huweliksmaats mekaar in die huwelik op seksuele en intieme vlak dien? 

  • Perspektief: Augustus 2025

    02/09/2025 Duración: 37min

    Scriptura gesels oor die afgelope maand se nuusgebeure wat uitgestaan het, en vir baie mense 'n struikelblok kan wees in hul geloof, oortuigings en lewens.  Trump is van mening dat hy hemel toe kan gaan as hy net genoeg mense kan red.  Suid-Afrikaners dobbel miljoene rande weg.  Kunsmatige Intelligensie word ingespan om sielkundige terapie te lewe, en 'n soort jesus figuur vir soekendes te voor te stel.

  • Menslike Seksualiteit: Herstel Deel 2 - Pornografie se vernietigende mag

    26/08/2025 Duración: 35min

    Wat is pornografie?  Wat is die aard van die verslawing? Wat is die gevare en die effek van onsedelikheid op mense en verhoudings?  Hoe hou dit verband met afgodery, ledigheid en onreinheid buite die huwelik?  Hoe stry ons die stryd teen onsedelikheid, pornografie en homeseksualiteit ens ...?

  • Menslike Seksualiteit: Herstel – Struikel, bekering en heiligmaking

    19/08/2025 Duración: 34min

    Wat moet ons doen met ons eie sondige seksuele begeertes en sondes? Het gelowiges ook 'n stryd met seksuele sonde?  Is seksuele sonde groter as ander sonde? Hoe lyk die pad van herstel vir die gelowige wat sukkel met seksuele sonde?  Is dit 'n stryd van bekering, of bly ons nou maar vasgevang in sonde? Wat moet die houding van die kerk wees teenoor christene wat stry teen seksuele sonde? Wat is die rol van medegelowiges in die herstelpad? Is daar krag in die verlossing van Christus en hoe verander die evangelie ons? Hoe moet ons die stryd stry, en met watter krag?

  • Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig met nagmaal?

    12/08/2025 Duración: 28min

    Is die nagmaal 'n sigbare seël, of 'n misterieuse ritueel, of 'n dooie simbool? Wat is die belofte en geestelike betekenis van die nagmaal?  Hoekom gebruik ons die sakrament?  Hoekom het Jesus dit as 'n opdrag aan christene gegee?  As die brood en die wyn nie letterlik Sy liggaam en sy bloed is nie, hoe is Christus dan teenwoordig tydens die nagmaal? Hoe verdedig ons hierdie waarheid uit die Woord en aan die hand van ons belydenisse? Hoe sien ons die drie-enigheid?  Wat is Biblisisme, en hoekom het ons belydenisskrifte gesag?    

  • Perspektief: Julie 2025

    05/08/2025 Duración: 32min

    Die Boland Rugby Unie hou 'n publieke gebedsdiens op 'n Sondag voor die wedstryd. Die Maryland hofuitspraak verbied die LGBTQ+ beweging om hul agenda op skoolkinders af te forseer.  SA Raad vir Kerke steun op die Wêreldraad van Kerke in hul anti-korrupsie konferensie. 

  • Menslike Seksualiteit: Verlossing - die evangelie bring bevryding

    29/07/2025 Duración: 35min

    Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?

  • Menslike Seksualiteit: Sondeval Deel 2 – Begeertes, versoeking en veroordeling

    22/07/2025 Duración: 29min

    Wat motiveer ons begeertes?  Hoe werk versoekings en begeertes, en wanneer is dit sonde? Waar kom versoekings vandaan? Wat gee geboorte aan sonde, en waar gebeur dit? Kan ons in ons gedagte veilig speel met sondige denke? Sukkel ons almal met dieselfde versoekings of laste? Verwerp God slegs die begeertes wat teen Sy wet is, of net die daadwerklike oortreding van Sy wet? Is onrein gedagtes sonde, al het jy nie die dade waaraan jy gedink het, daadwerklik gedoen nie? Hoe stry ons die stryd teen sondige begeertes? Vrae 19 tot 22 van die kategismus van menslike seksualiteit werk deur die Skrif om antwoorde op hierdie vrae te verskaf.

  • Menslike Seksualiteit - Sondeval – Die oorsprong van seksuele gebrokenheid

    01/07/2025 Duración: 30min

    Wat is die oorsprong van ons seksuele gebrokenheid?  Het God ons goed of sleg geskape, en was daar fout in Sy skeppingsorde?  Wat was die toestand van Adam en Eva se harte voor hul sonde?  Wat was die leuen van die slang in die tuin van Eden, en hoe het dit ons menslike hart verwring?  Waar kom die begrip van radikale verdorwenheid vandaan?  Hoe diep en wyd is ons sonde na die sondeval?  Hoe ver is ons menslike begeertes van God se begeertes af?  Noudat ons weet wie ons is voor God - wat is ons troos en bevryding?

  • Menslike Seksualiteit: Skepping (Deel 3) - Die huwelik en God se oorspronklike ontwerp

    24/06/2025 Duración: 34min

    Wie het die huwelik ingestel en bepaal die orde daarvan?  Wanneer en hoekom het God dit as  lewenslange, monogame verbondsverhouding geheilig?   Waar pas die seksuele verhouding in sodat dit God verheerlik?  Waarom is die Here so ernstig oor egskeiding?  Kan ons meer doen om stukkende huwelike in die kerk te herstel?  

  • Menslike Seksualiteit: Skepping deel 2 - Geslagsideologie en Verwarring

    17/06/2025 Duración: 32min

    In die derde episode van die reeks gesels Scriptura oor vrae 6 tot 8, wat handel oor geslagtelikheid, transgenderteorieë, en God se skeppingsorde. Hoekom moet ons God se plan en doel met die twee geslagte vertrou? Het God enige foute gemaak met die skepping van 'n persoon se geslag, en wat het na die sondeval verkeerd geloop? Kan dit wees dat iemand in die verkeerde lyf gebore is? Wat is die gnostiese en mistieke idees oor geslagtelikheid? Is liggaam en gees veronderstel om geintegreerd te wees? Kan identiteit in geslag en geslagtelikheid gevind word?

  • Perspektief: Mei 2025

    10/06/2025 Duración: 27min

    Die Scriptura span gesels oor drie temas in vandag se perspektief:  Josh Buice,  stigter van die G3 Ministries is geskors oor kritiek op ander predikers,  poliandrie (meer as een man) en poligamie (meer as een vrou), en die afname van aanddienste en leerdienste in die kerk.  Hoekom loop kerke se aand- en leerdienste dood, en hoekom is dit so belangrik?

  • Menslike Seksualiteit: Skepping Deel 1 - Geslag en beeld van God

    03/06/2025 Duración: 36min

    In episode twee van die nuwe Kategismus vir Menslike Seksualiteit, gesels Scriptura oor die skeppingsdoel en opdrag vir die mens. Die volgende vrae se antwoorde word uiteengesit: Wat is die geslagte waarmee God die mens geskape het?  Wat vereis God deur ons na Sy beeld te skep, en ook hoekom het God die mens as man of vrou na Sy beeld geskape? 

  • Luisteraarsvraag: Hoe benader ons Sewendedag Adventiste?

    27/05/2025 Duración: 45min

    Wat glo die Sewendedag adventiste? Hou hulle by die waarheid van die woord van God, of is hulle vasgevang deur vreesaanjaende profesieë en visioene? Is dit 'n kultus of 'n sekte, of sommer net 'n ander manier om God te aanbid? Hoe kan ons mense antwoord oor die hoop van ons verlossing in Christus, en hoe kan ons hulle in liefde benader?

  • Menslike Seksualiteit: Troos en sekerheid van 'n nuwe identiteit in Christus

    20/05/2025 Duración: 39min

    Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig?  Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade?  Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef?  Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons ’n nuwe identiteit in Jesus Christus het?  Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet?

página 1 de 19