Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
14/11/2025 Duración: 21minAndries Nel, direkteur vir welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, en Mia Kriegler, direkteur vir batebestuur by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die internet is nou deel van jou basiese behoeftes
14/11/2025 Duración: 07minFrancois Viviers, uitvoerende hoof vir kommunikasie en bemarking by Capitec, gesels oor die rol van internettoegang in ekonomiese groei. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Aarto se paadjie behoort afgesluit te word
14/11/2025 Duración: 09minCornelia van Niekerk, eienaar en direkteur van Fines4U, verduidelik hoekom sy twyfel dat die Aarto-wet ooit landwyd ten volle sal funksioneer. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Internasionale kommer trek markte laer
14/11/2025 Duración: 08minMia Kriegler, direkteur vir batebestuur by Kruger Internasionaal, gesels oor Richemont se finansiële resultate, Naspers se aandeelprys, en volgende week se rentekoersbesluit vir Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 14 November 2025
14/11/2025 Duración: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Rooivleis is in sy bloed
13/11/2025 Duración: 09minDr Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), gesels oor sy agtergrond, loopbaan, die landboubedryf en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat gaan in SA se staalbedryf aan?
13/11/2025 Duración: 06minNeels van Niekerk, uitvoerende hoof van International Steel Fabricators of South Africa, gesels oor die staalbedryf in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Google gaan R688 miljoen hoes oor sy negatiewe impak op die media
13/11/2025 Duración: 08minDonnavan Linley, senior ontleder by die Mededingingskommissie en tegniese leier van die markondersoek, gesels oor Google se finansieringspakket vir die media in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Uitvis-diefstal uit bankrekenings is ’n internasionale probleem, maar die banke het planne
13/11/2025 Duración: 12minWikus Valente, uitvoerende hoof van betalingsoplossings by Capitec, bespreek die verantwoordelikhede van banke en reguleerders om kubermisdadigers vas te trek. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte op ná die MTBPS
13/11/2025 Duración: 08minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, gesels oor Suid-Afrika se inflasieteiken en Cell C se beplande notering. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 13 November 2025
13/11/2025 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die mini-begroting 2025 lyk baie goed
12/11/2025 Duración: 34minAshor Sarupen adjunkminister van finansies & Edward Kieswetter – kommissaris, Die Suid-Afrikaanse & Lunga Maloyi direkteur: Ekonomiese Beleid, BUSA & Dr. Elna Moolman – hoof: finansiële markte, Standard Bank-groep Navorsing Ekonomie Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Markte juig oor MTBPS
12/11/2025 Duración: 03minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor die markte se reaksie op die mini-begroting. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 12 November 2025
12/11/2025 Duración: 47minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Diefstal uit bankrekenings: Wie is verantwoordelik om die diewe op te spoor?
11/11/2025 Duración: 11minDie diefstal uit Suid-Afrikaanse bankrekeninge het ’n kritieke vlak bereik. Willem Venter, ondersoekondersteuningspesialis by die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC), bespreek die verantwoordelikhede van banke en reguleerders om kubermisdadigers vas te trek. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die regering wil vervalste heuning van die rakke kry
11/11/2025 Duración: 06minKobus Vos, kommersiële byeboer en voorsitter van die Suid-Kaapse Byebedryfsvereniging (SKBBV), gesels oor die regering se planne om fopheuning in Desember van winkelrakke te verwyder. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoeveel geld is nodig om “gerieflik” af te tree?
11/11/2025 Duración: 06minPierre De Bruyn, welvaartbestuurder by PSG Wealth, deel sy insigte oor hoe om 'n gerieflike aftrede te beplan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat behels die staat se vroeë aftree- en vrywillige skeidingsopsies?
11/11/2025 Duración: 06minJannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium, verduidelik wat die staat se vroeë aftree- en vrywillige skeidingsopsies behels. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Premier Foods se winsgrense hou aan styg
11/11/2025 Duración: 07minKobus Gertenbach, uitvoerende hoof van Premier Foods, bespreek die groep se tussentydse finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
As dit pap reën, moet jy skep
11/11/2025 Duración: 08minChantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek AngloGold Ashanti se goudproduksie, Santam se handelsverklaring en Fidelity se moontlike notering. Volg RSG Geldsake op Twitter